Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Jasmyn Katryn songtekst

Je score:

Sy drink rooi rooi wyn en rook hand-rolled sigarette
Sy skilder prente van geloof en genot
En samesyn is haar best kept secret
Soos die wierook in haar flat ontplof

En dans jy Jasmyn Katryn?
Tussen sad sad songs en bottels wyn
Op die horisonpad na Niemandsland
Lei sy vir my
Tot die anderkant

Sy't 'n tattoo op haar skouer van liewe Jesus
As 'n kind in die arms van Moeder Maria
Op haar palm is die woorde van some forgotten tune 
en haar lippe ja haar lippe die weet hoe om te soen

En dans jy Jasmyn Katryn?
Tussen sad sad songs en bottels wyn
Op die horisonpad na Niemandsland
Lei sy vir my
Tot die anderkant
Tot die anderkant

Sê it would have been nice to become a lawyer
Maar die geld was te min om haar met graad te seën
Nou werk sy maar as 'n boheemse hairdresser
Tussen gossip queens en uitgeleefde lesse

En dans jy Jasmyn Katryn?
Tussen sad sad songs en bottels wyn
Op die horisonpad na Niemandsland
Lei sy vir my
Tot die anderkant

En dans jy Jasmyn Katryn
Tussen sad sad songs en bottels wyn
Op die horisonpad na Niemandsland
Lei sy vir my
Tot die anderkant
Tot die anderkant
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Christoph Kotze

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2012

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Roeper (2012)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden