Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Honger hart songtekst

Je score:

Laat my staan in die reën en wag vir 'n laaste slag op jou
Laat my staan in die reën vir jou
Ek sal wag deur die donker uur deur die winter van my woorde 
en deur die stiltes van die vuur
Ek het gekom om jou te soek want jy roep na my
En as ek weet waar jy is sal soldate my nie weg hou nie

Met 'n honger hart sal ek voor jou staan as die kaarte val en wys waar ek jou kry
Met 'n honger hart het ek jou kom haal toe die paaie my al maal na jou toe lei
Dis net jy in die bloukring droom van my
Dit is net jy in die spieëlbeeld deel van my

In jou oë lê die stil verhaal in 'n taal wat ek verstaan 
daar in die kyk en die weet van jou oë
Ek sal staan deur die storm weer met die dors hier binne my net voor ek loop vat ek jou saam
Ek sal jou soek tot ek jou kry want jy vra na my
En al krag wat my sal keer is die van die donderweer

Met 'n honger hart sal ek voor jou staan as die kaarte val en wys waar ek jou kry
Met 'n honger hart het ek jou kom haal toe die paaie my al maal na jou toe lei
Dis net jy in die bloukring droom van my
Dit is net jy in die spieëlbeeld deel van my

Elke keer deur skadus van gesigte kyk ek na jou daar's duisend geheime en raaisels na bo
Met 'n honger hart sal ek voor jou staan as die kaarte val en wys waar ek jou kry
Met 'n honger hart het ek jou kom haal toe die paaie my al maal na jou toe lei
Dis net jy in die bloukring droom van my
Dit is net jy in die spieëlbeeld deel van my 
Dit is net jy in die spieëlbeeld deel van my
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Roeper (2012)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden