Sunel
Sunel - Hart op jou mou songtekst
Je score:
Ek, ek is net ’n mens Soms maak ek ook foute Partykeer raak ek te veel vir jou En soms verstaan ek nie myself nie Ek weet nie wat ek doen nie Maar die liefde loop snaakse draaie met jou Hoe sal ek ooit dit kan besef Dat ek als het wat ek wil hê in jou Jy dra my hart op jou mou En die wêreld kan vergaan Jy is die rede van my bestaan Onthou, jy dra my hart op jou mou Jy ken elke deel van my Jy ken my geraamtes Al die donker geheime wat saam met my bly Ek weet, die liefde bly geduldig En ek sal vir ewig wag vir jou Tot die einde van tyd net vir jou Hoe sal ek ooit dit kan besef Dat ek als het wat ek wil hê in jou Jy dra my hart op jou mou En die wêreld kan vergaan Jy is die rede van my bestaan Onthou, jy dra my hart op jou mou En as ek in jou oë kyk verdwyn die lyne wat skei Skielik maak dit sin Jy is my nuwe begin Jy is die antwoord op my vrae Ek weet nou drome word waar Ek het my sielsgenoot gekry Die beter helfte van my Ek, ek is net ’n mens ’n Mens wat jy liefhet Met alles hier binne my En ek, ek het verseker Die beste fout van my lewe Is niemand anders behalwe jy