Stella (ZA)
Len Muller & Stella (ZA) - Toevlug (feat. Stella) songtekst
Je score:
Dek vir my ’n feesmaal voor vyande Skink ’n bietjie wyn vir die wat haat Ek voel die gevaar wat my weerloos laat Dra ek weer die wêreld op my skouer Sien jy hierdie twyfel in my oë Dan raak dit seer om te leef Maar ek weet ek moet aanhou probeer Want jy’s my toevlug, my pad deur die vuur In hierdie oomblik waar ek aanhou verloor vind ek my skuiling in jou skaduwee Dit is hier waar ek net kan wees Omdat jy my lief het kan ek jou liefhê Omdat jy my ken kan ek jou ken Ek hoor jou weer praat En jy stil die geraas Want jy’s my toevlug, my pad deur die vuur In hierdie oomblik waar ek aanhou verloor vind ek my skuiling in jou skaduwee Dit is hier waar ek net kan wees Ek weet ek kan op jou vertrou Jy sal my red, jy is getrou Ek kan my lewe op jou woorde bou In jou liefde verdwyn al my vrees Dis by jou waar ek net kan wees Want jy’s my toevlug, my pad deur die vuur In hierdie oomblik waar ek aanhou verloor vind ek my skuiling in jou skaduwee Dit is hier waar ek net kan wees