Stef Bos
Stef Bos - Onrusrivier songtekst
Je score:
Ek was vir ‘n jaar Langs die Onrusrivier Het my lewe sien stroom Na die see Gesigte van liefde In die wolke gesien En onthou wat ek lank wou vergeet Ek het daar die taal Van die water geleer Gesien wat ek nie kon verklaar Stemme van mense Langs die oewer gehoor En lank naar die hemel gestaar Ek het die bottels met rooiwyn omarm Ek het die son in die see sien verdrink En in die wind wat daar waai Langs die hemelse kus Het ek ‘n engel hoor sing Daar was sneeu op die dak van die kerk in Geluk Daar was winter in die Weerloosvallei En deur die kloof in die berg met die wind in die rug Het ek myself weer gekry Liefde is nie ‘n Saak van die hart Dit word deur Die hande gemaak Ek was vir ‘n jaar Langs die Onrusrivier En het jou daar agter gelaat