Riana Nel
Riana Nel - Selfde Bed songtekst
Je score:
Is daar ’n rede goed genoeg om jou net hier te los As ek die wêreld sou verower sou dit ons alles kos En is die Rand en Sent die moeite werd vir jou soene deur die bos Nee, ek weet nie meer Nee, ek weet nie meer En ek sien hoe al die jare tussen ons kom lê ’n Bietjie meer in die bank maar wat het ons belê As die verlange wat ek voel vanaand my nie terug na jou toe dwing Weet ek nie meer Nee, ek weet nie meer Want ek sien nou jou trane, gebede en pyn Dis net God se genade wat ons hierdeur lei En al lê ons nie meer in dieselfde bed Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou Het die tyd ons uit gewoonte nou verby gesteek En nou sit ons op ons eie weer opgeskeep Maar daar’s reëls en regulasies waar jy is vanaand En ek weet nie meer Nee, ek weet nie meer Jy vergeet die woorde wat gesê is tussen ons Ek probeer jou te herinner maar dit is tyd gemors En die ouderdom het jou kom haal maar dis beter waar jy is En ek sal onthou, ja ek sal onthou Want ek sien al jou trane, gebede en pyn Dis net God se genade wat ons hierdeur lei En al lê ons nie meer in dieselfde bed Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou Want ek sien al jou trane, gebede en pyn Dis net God se genade wat ons hierdeur lei En al lê ons nie meer in dieselfde bed Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou As jy in die lewe voor ’n keuse staan: Volg jou hart! Want dis die dinge van die wêreld wat wil harder praat As jy weer in jou lewe voor ’n keuse staan: Volg jou hart! Gee die liefde weer ’n rede Want ek sien al jou trane, gebede en pyn Dis net God se genade wat ons hierdeur lei En al lê ons nie meer in dieselfde bed Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou Ek sien al jou trane, gebede en pyn Dis net God se genade wat ons hierdeur lei En al lê ons nie meer in dieselfde bed Ek bly lief vir jou, ek bly lief vir jou Net lief vir jou