Refentse

Refentse - Sonvanger songtekst

Je score:

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar´s ´n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Dis donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy nog hoe helder die kamer kon lag

Kyk of jy vir my die son kan bring
Daar´s ´n liedjie in die gange waar die son kan sing
Want dis stil in die hoeke hierdie koue seisoen
Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen

Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ´n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn

Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar´s ´n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy vir my die son kan steel
Daar´s ´n plekkie in die tuin waar die son kan speel

Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ´n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn 

Bring ´n bietjie lig vir die draaie op my pad
En ´n handjie vol strale vir die donker in my hart

Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ´n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn 

Sonvanger
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2016

Taal: Afrikaans

Komt voor op: My hart bly in ´n taal (2016)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden