Quentin Prinsloo
Quentin Prinsloo - Skipskop songtekst
Je score:
Pak op, pak op sit jou goedjies op jou kop. Môre gaan ons weg, ver van hier af weg. Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op? Swaarkry lê net voor die blou berge oor. Overberg se mens is ek gebore, hier op die plek Skipskop nes my pa en sy pa ook. Hier deur die duine, lê onse spore hier op die beach langs die see is ek gedoop. Maar wat ken ek anders as die bloudam se branders in die wolke en die winde wat hier waai. Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies en sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye. Die linkerhand, of die regterhand wat se kant lê die plek, dis ´n misverstand. 'seblief meneer, ag sê tog net weer is dit die pad wat ons môre vat? 'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar, die stukkies van my lewe lê so baie deurmekaar. Tel op vir shorty en tel op vir pop gaan haal vir apie, maar hou daai kindjie dop. Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders in die wolke en die winde wat hier waai. Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies, en sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies, en sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye