Nádine

Nádine - Tyd songtekst

Je score:

Ure, minute, sekondes saam jou
Ek wil elke oomblik onthou, die hier en die nou
In die?oggend?maak die son?my wakker
Ek sien jou, ek kyk?hoe jy slaap
My rede om wakker te raak, niks anders maak saak
Al waar ek wil wees is hier by jou
Sluit die koue daar buite heel uit
Want jy is wie ek wil sien

As die tyd moet stilstaan nou
Sal ek steeds aan kan hou
Om lief te kry saam jou
Want my hart is geseël met jou soen
As die tyd moet terug draai hier
Sal ek niks verander nie
Ek sal jou aanhou liefhê
Niks beteken vir my meer as net hierdie tyd saam jou

Weke en maande en jare saam jou
Ek wil elke oomblik onthou, die hier en die nou
In die aande maak die maan dit ligter
Jy sien my, jy kyk hoe ek staar
In jou see van liefde vergaan, maar jy neem my hand
Al waar jy wil wees is hier by my
Sluit die koue daar buite heel uit
Want ek is al wie jy wil sien

As die tyd moet stilstaan nou
Sal ek steeds aan kan hou
Om lief te kry saam jou
Want my hart is geseël met jou soen
As die tyd moet terugdraai hier
Sal ek niks verander nie
Ek sal jou aanhou liefhê
Niks beteken vir my meer as net hierdie tyd saam jou

Ek sal jou altyd liefhê

As tyd moet stilstaan nou
Sal ek steeds aan kan hou
Om lief te kry saam jou
Want my hart is geseël met jou soen
As die tyd moet terugdraai hier
Sal ek niks verander nie
Ek sal jou aanhou liefhê
Niks beteken vir my meer as net hierdie tyd saam jou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Nádine Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2014

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Skildery (2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden