Len Muller

Len Muller & Stella (ZA) - Toevlug (feat. Stella) songtekst

Je score:

Dek vir my ’n feesmaal voor vyande
Skink ’n bietjie wyn vir die wat haat
Ek voel die gevaar
wat my weerloos laat

Dra ek weer die wêreld op my skouer
Sien jy hierdie twyfel in my oë
Dan raak dit seer om te leef
Maar ek weet ek moet aanhou probeer

Want jy’s my toevlug, my pad deur die vuur
In hierdie oomblik waar ek aanhou verloor
vind ek my skuiling in jou skaduwee
Dit is hier waar ek net kan wees

Omdat jy my lief het kan ek jou liefhê
Omdat jy my ken kan ek jou ken
Ek hoor jou weer praat
En jy stil die geraas

Want jy’s my toevlug, my pad deur die vuur
In hierdie oomblik waar ek aanhou verloor
vind ek my skuiling in jou skaduwee
Dit is hier waar ek net kan wees

Ek weet ek kan op jou vertrou
Jy sal my red, jy is getrou
Ek kan my lewe op jou woorde bou
In jou liefde verdwyn al my vrees
Dis by jou waar ek net kan wees

Want jy’s my toevlug, my pad deur die vuur
In hierdie oomblik waar ek aanhou verloor
vind ek my skuiling in jou skaduwee
Dit is hier waar ek net kan wees
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Len Muller, Stella (Christelle Combrink)

Componist: Len Muller, Stella (Christelle Combrink)

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2019

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Toevlug (feat. Stella) (2020)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden