Len Muller

Len Muller - Sterrewals songtekst

Je score:

Ek het jou geken voor ons ontmoet het
Die kleur van jou oë, die klank van jou lag
Jy het my geken met al my letsels
Maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my

Ek't gesing, jy't gedans, die aande was lank
Met vriende en liggies, die stad ken ons name
Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet
Jy't gesê ek's jou wyn en jy is my bloed

Ek sou die wêreld vul met liedjies oor jou
Jy sou vir altyd dans op die groot verhoog
Ons huis is klein en daar's geen wasgoedlyn
Maar ek het jou hart gevat en myne verloor

Ek't gesing, jy't gedans, die aande was lank
Met vriende en liggies, die stad ken ons name
Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet
Jy't gesê ek's jou wyn en jy is my bloed

En ek soen jou onder die wilgerboom waar die sterre oor ons wals
Jy weet ek wou alles vir jou gee
Ek soen jou onder die wilgerboom waar die sterre oor ons wals
Jy weet ek wou alles vir jou gee

Ek raak skaars ’n snaar en jy het ophou dans
Ons droom van ’n ander tyd waar al ons drome leef
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Len Muller, Chanèl Muller

Componist: Len Muller, Chanèl Muller

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2018

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Sterrewals (2018)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden