Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld - Ek wag nog steeds vir jou songtekst

Je score:

Ek sien jou steeds in die rondte
Maar ek hoor niks van jou
Ek sien jy ry om my gronde
Verwag dit nie van jou
Ek hoor te veel van jou vriende
Wat sê ek hoort by jou
Dit word gemeet teen die vrese
Wat nie op wil hou

Weet jy ek tel nog steeds die ure om uit ons verlede
Hoe ken jy my ek wag nog steeds vir jou
Want ek het jou belowe
Ek oorkom my vrese
Kom kry my hier ek wag nog steeds vir jou

Ek hoor dit uit al die monde
Jy roep nog steeds my naam
Ek tel met elke sekonde
Hoe ver jy dalk moet gaan
Ek was verslaaf aan die vrede
Wat jy vir my sou bring
Maar ons leef nou in die hede
Jy was te veel te min

Weet jy ek tel nog steeds die ure om uit ons verlede
Hoe ken jy my ek wag nog steeds vir jou
Want ek het jou belowe
Ek oorkom my vrese
Kom kry my hier ek wag nog steeds vir jou

Jy bly vir my maar ‘n sonde wat ek nie weg kan gooi
Kom vryf jou sout in my wonde jy bly vir my so mooi

Weet jy ek tel nog steeds die ure om uit ons verlede
Hoe ken jy my ek wag nog steeds vir jou
Want ek het jou belowe

Ek oorkom my vrese
Kom kry my hier ek wag nog steeds vir jou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Johan Vorster Songs

Details:

Uitgegeven in: 2011

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Jakkals trou met wolf se vrou (2011)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden