Johannes Kerkorrel

Johannes Kerkorrel - Ossewa songtekst

Je score:

Ek staan langs die highway met my ou vriend Mike
Ons twee was oppad om Transkei toe te hike
Die son bak neer, dit was baie warm weer
Ons was amper oppad om moed op te gee

Maar skielik in die verte blink ‘n spikkel in die pad
Dit kom vinnig nader, ja die ding het laat spat
Ek kon my oë nie glo nie, my verstand kon dit nie vat
My god dis ‘n nuwe soort ossewa

Sweet, sweet ossewa
Sweet, sweet ossewa
Ossewa, ossewa, ja, ja, ‘n ossewa

Ja, ‘n klein entjie verder begin die ding kalmeer
Hy kom tot stilstand met remme wat skree
‘n Oom klim uit, hy sê ons moet nader tree
Hy gee nie om om ons ‘n lift te gee

Hy het sy ossewa woema gegee
Hy’t ‘n V-6 engine binne in gemonteer
En tape-deck waarop Elvis Presley binnemonds skree
Was ‘n regte-egte Rock ‘n Roll ossewa

Sweet, sweet ossewa
Sweet, sweet ossewa
Ossewa, ossewa, ja, ja, ‘n ossewa

En ons cruise langs die highway, ja duidelik nie van hier
Teen ‘n 160 kilometer per uur
Die ander karre op die pad het ons gou verby gegaan
Hy bied vir ons bier uit sy wakis aan

‘n Groot span osse sleep hy agter ons aan
en die nuut ontwerpte Venter sleepwa
Hy trap die remme plat en ons is vinnig by die see
In ons funky nuwe Rock ‘n Roll ossewa

Sweet, sweet ossewa
Sweet, sweet ossewa
Ossewa, ossewa, ja, ja, ‘n ossewa
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Johannes Kerkorrel

Componist: Johannes Kerkorrel

Publisher: Shifty Music (2)

Details:

Uitgegeven in: 1990

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Eet Kreef! (1989)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden