Henk Wijngaard

Henk Wijngaard - met die vlam in die pyp songtekst

Je score:

Met die vlam in die Pyp brul ek deur Van Reenen Pas
Met my 30 ton vol diesel ver van huis bly ek op reis
Met die vlam in die Pyp deur die eindelose nag
Dink ek aan my liewe vroutjie wat daar ver op my moet wag

Dis nie erg om hier te ry nie soveel nagte ver van jou
Want my lorrie sal my bring ver deur die mis en reën en kou
As ek terug is sal jy sê: "Ag, bly tog langer voor jy gaan"
Maar jy weet ek sou graag wil maar ek moet werk vir ons bestaan

Met die vlam in die Pyp brul ek deur die Klein Karoo
Met my 30 ton vol diesel ver van huis bly ek op reis
Met die vlam in die Pyp deur die eindelose nag
Dink ek aan my liewe vroutjie wat daar ver op my moet wag

Iewers rus ek by 'n Truck Stop langs die eindelose baan
Hoeveel keer ek hier gestop het ja dit weet alleen die maan
In die nag as almal ver is luister ek na RSG
"Siele op Wiele" ja dis tyd om vet te gee!

Met die vlam in die Pyp brul ek deur die Longtom Pas
Met my 30 ton vol diesel ver van huis bly ek op reis
Met die vlam in die Pyp deur die eindelose nag
Dink ek aan my liewe vroutjie wat daar ver op my moet wag


(c) Henk Wijngaard
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden