Heintje (Hein Simons)
Heintje (Hein Simons) - Dis net die reën songtekst
Je score:
Kom stap nog eenmaal Nog net eenmaal Die pad saam met my Deur die land waar ek bly Oor Bolandse berge, met sy sneeukombers Namakwaland vlaktes goudgeel in blom Ek soek in die geure, die reën van my land Maar dis net die reën hier op my gesig Dis net die reën oor Suid-Afrika Groen doringbome wat reëndruppels dra Ek droom in die vreemde van die reën oor my land Voel in my oë Trane wat brand Ek sien hoe sterre die melkweg verlig Maar dis net die reën hier op my gesig Kyk nog net eenmaal, nog net eenmaal As wolke die reën, van die Suide aanbring Sien proteas blom, teen Leeukop se hang Hoe bruin wingerdblare geel sonlig vang Ek kan dit nie keer nie, my hart wil terug Maar dis net die reën hier op my gesig Dis net die reën oor Suid-Afrika Groen doringbome wat reëndruppels dra Ek droom in die vreemde van die reën oor my land Voel in my oë Trane wat brand Ek sien hoe sterre die melkweg verlig Tog dis net die reën hier op my gesig