Gé Korsten

Gé Korsten - Die Suidwesterlied songtekst

Je score:

Hard soos kameeldoringhout, ja hard is ons land
En droog, o so droog sy riviere
Die son het die klippe en die rotse gebrand 
In veld en in bos skul skugter diere

As iemand dan aan ons sou vra:
Wat bind jou aan Suidwes?
Dan antwoord ons trots:
Dis ons liefde vir Suidwes!

As iemand dan aan ons sou vra:
Wat bind jou aan Suidwes?
Dan antwoord ons trots:
Dis ons liefde vir Suidwes!

Tog word ons liefde met offers betaal
In wel en in weë hou ons stand
Want ook word ons sorge nog helder oorstraal
Deur sonlig in ons vaderland

As iemand dan aan ons sou vra:
Wat bind jou aan Suidwes?
Dan antwoord ons trots:
Dis ons liefde vir Suidwes!

As iemand dan aan ons sou vra:
Wat bind jou aan Suidwes?
Dan antwoord ons trots
Dis ons liefde vir Suidwes!

Kom jy dan self en leef saam in ons land
So wyd en so ruim en so vry
En steek dan ons son ook jou hart aan die brand
Dan sal jy ook pal hier wil bly

As iemand dan aan jou sou vra:
Wat bind jou aan Suidwes?
Dan antwoord jy trots:
Dis my liefde vir Suidwes!

As iemand dan aan jou sou vra:
Wat bind jou aan Suidwes?
Dan antwoord jy trots:
Dis my liefde vir Suidwes!
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Gé Korsten

Componist: Kurt Wiehle

Publisher: EMI Brigadiers

Details:

Uitgegeven in: 1981

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Eendag (1981)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden