Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar - Paranoia songtekst
Je score:
Ek is sonder kultuur gebore. Ek bly toevallig in Afrika. Ek praat toevallig Afrikaans. Daar’s baie min mense wat my verstaan. Ek sluip deur die strate, Sonder rigting, Sonder koördinate. Sondebok, Verslaaf aan massamedia, Slagoffer van prestasie-angs en… Paranoia, paranoia! Ons bid ons bly beskut, Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk. ’n Lewe met paranoia, paranoia! Afrika die vampier, Beeldskone ondier. Oorlog is kultuur, Mens teen mens, Mens teen natuur. Kom ons ignoreer maar Wat ons in die gesig staar. Hier het ons ontstaan, En hier sal ek vergaan. My eie dood bekommer my nie. Ek is nie meer bang vir die donkerte nie. My hart klop net vinnig wanneer dit donker is. Slagoffer van prestasie-angs en… Paranoia, paranoia! Ons bid ons bly beskut, Terwyl die duiwel aan ons vensterrame ruk. ’n Lewe met paranoia, paranoia! Afrika die vampier, Beeldskone ondier. Afrika, Afrikaans, Afrikaner, Afrika die vampier, Beeldskone ondier.