Danie Niehaus

Danie Niehaus - Griekse godin songtekst

Je score:

Dis net na twee uur in die môre
Die koloseum spookwit geklee
Nes griekse mites van my lê
Rys ‘n marmerbeeld hier in my hand

Ek vee die kartels voor haar oë
Ek lig die sluier van haar wang
Sewe slange kriewel sê hy teen my aan
Muskus smelt haar mond en myne saam

Ek wonder oor jou rou verlede
Brand ‘n vuur of brand net ‘n begeerte
Waarom kyk jy my so intens, so diep
Sê my, lewe jy sonder my wete
Werk van my hand, stomme vrou van graniet

Dis nou al maande later
Jou skoonheid vroetel in my rond
En kon ek jou maar kry
Al is jy versteen
Geen murg in jou been
Verbeel ek my, roer jy jou mond

Ek wonder oor jou rou verlede
Brand ‘n vuur of brand net ‘n begeerte
Waarom kyk jy my so intens, so diep
Sê my, lewe jy sonder my wete
Werk van my hand, stomme vrou van graniet

Of wag ek verniet
Sê my wag ek verniet
My griekse vrou van graniet
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Uitgegeven in: 1993

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Kleure (1993)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden