Cornel Stander

Cornel Stander & Christa Steyn - Ek Wil Vir Jou songtekst

Je score:

Jy met jou drome en gedagtes in jou oë
Jy met jou vrede wat in elkeen hoop en glo
Jy met jou deernis, jou geduld en jou verstaan
Jy wat jou seer alleen wil dra

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal, die wind, die see
Ek wil so graag myself vir jou gee

Jy met jou woorde en gebede in jou hart
Jy met jou vreugde so in oorvloed uit jou hand
Jy met jou wysheid, jou geloof in elke dag
Jy met die seer agter jou lag

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal, die wind, die see
Ek wil so graag myself vir jou gee

Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal, die wind, die see
Ek wil so graag myself vir jou gee
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Christa Steyn

Componist: Christa Steyn

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2012

Taal: Afrikaans

Cover van: Laurika Rauch

Komt voor op: Sing! (2012)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden