Christia Visser

Christia Visser - Stukkie vir stukkie songtekst

Je score:

Stukkie van my is vanaand nie meer met my, stukkie van my is by jou
Stukkie vir stukkie maak my deurmekaar, stukkie vir stukkie onthou
Hoor jy my woorde, sien jy my hart, stukkie vir stukkie het jy dit gevat?
Voel jy my trane, leef jy my smart, stukkie vir stukkie apart

Haal diep asem, asem uit
Vou my arms stywer en stywer en stywer om my

Nog een keer, in en uit
Loop my trane druppel vir druppel vir druppel verby

En dalk môre is als ok, maar vir nou
Soek die stukkie van my nog na jou

Asem in (maak gou, in, maak gou)
Asem teen die pyn
Asem in (maak gou, in, maak gou)
Asem teen die pyn

Stukkie van my het verdwaal in jou hande, stukkie van my het vergeet
Stukkie vir stukkie brand jy al my lande, stukkie vir stukkie, ek weet
Hoor jy die smeke, sien jy die hoop, stukkie vir stukkie het jy weggeloop
Voel hoe ek bewe, raak aan my seer, stukkie vir stukkie nooit weer

Haal diep asem, asem uit
Voel my arms stywer en stywer en stywer om my

Nog een keer, in en uit
Loop my trane druppel vir druppel vir druppel verby

En dalk môre is als ok, maar vir nou
Soek die stukkie van my nog na jou

Asem in (maak gou, in, maak gou)
Asem teen die pyn
Asem in (maak gou, in, maak gou)
Asem teen die pyn

Stukkie van my is vanaand nie meer met my
'n Stukkie van my is vanaand nie meer met my
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Dirk van Niekerk, Don Kelly

Componist: Dirk van Niekerk, Don Kelly

Publisher: Sony / Select

Details:

Uitgegeven in: 2020

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Gemaklik Verlore (2020)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden