Bok Van Blerk

Bok Van Blerk - Die Kaplyn songtekst

Je score:

Tussen bosse en bome
Tussen grense wag ons almal vir môre
Maar op agtien was ons almal verlore
Hoe kan ons verstaan?
En wie weeg nou ons lewe?
Want net God alleen weet waarvoor ons bewe
Want op agtien wou ons almal net lewe
Net een slag toe was jou lewe verby.

Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn, my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Soek jy na my?
Soek jy my nou in die stof en jou bloed?
Jy't gesê jy hoor hoe God naar jou roep
Toe's dit als verby.

Na al hierdie jare
Ver verlore dryf ons rond in ons dade
Net soldate leef met grense se skade
Hoe kan ons verstaan?
Want daai bos vreet ons spore
In die donker bos was broeders gebore
In die donker saam gebid vir ´n môre
Net een slag toe was jou lewe verby.

Roep jy na my?
Roep jy my terug na die kaplyn, my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai?

Waar is jy nou?
Is jou naam dan op ons mure behou?
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou
En by daai muur
Staan ek vir ure
Maar waar's jou naam nou, my vriend
Kan hull nie verstaan?
Jong soldate vergaan
Sonder rede dra hulle die blaam.

Roep jy na my?
Roep jy my terug na die Kaplyn, my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai?

Waar is jy nou?
Is jou naam dan op ons mure behou?
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou
En by daai mure
Staan ek vir ure
En by daai mure
Staan ek vir ure.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Mozi Records

Details:

Uitgegeven in: 2009

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Afrikanerhart (2009)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden