Ashton Nyte

Ashton Nyte - Geheime en momente songtekst

Je score:

Geheime, momente
Die vaas staan nie meer op die tafel
Kyk na die vloer maar
Die woorde en blomme is gebroke
Ons sien die tyd verdwyn
Maar sal die leuen verskyn
Ek staan hier buite jou geheim

Daar was eers emosie
‘n pad wat ons dikwels geloop het
en daar was ‘n rede
gedagtes onuitgesproke
Jy draai nou om te gaan
En vat my wêreld saam
Die geheim is nog joune, en ek verstaan

O onthou
Ek onthou
Van die oomblik wat ons eers leer stap
Loop ons vinnig weg

Museums en teaters
Die stad is ‘n land van sy eie
Riviere van sterre
Die bosveld word wakker en lewe
En ek het ophou vra
Hoe die wind die lug laat maal
Die geheim is nog joune, en ek verstaan

Geheime, momente
En stories van die verlede
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Ashton Nyte

Details:

Uitgegeven in: 2014

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Moederland (2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden