Appel

Appel - Monoloog songtekst

Je score:

[Intro]

[Verse 1]
Daar was ‘n rolbos met vere in,
En ‘n dronk man wat Psalms sing,
‘n Engel met ‘n draadkar wat water  bring.

[Pre-Chorus 1]
My Karoo was wel droog,
Met lammers wat op skedels loop,
Gaan ons vandag ‘n geloofsman, ‘n moordenaar doop,
Smeer net eers sy hande met Camphor room.

[Chorus]
My seun dit gaan reën,
My seun ons gaan dans,
My hartjie, my liefie,
Ons ark is gebou.
My siel was droog,
Jy was my hoop en my hoop . . .,
Kom ons stap dan vir oulaas saam in mono--loog,
Kom ons stap dan vir oulaas saam in mono--loog.

[Interlude]

[Verse 2]
Ek sien hoe skrop jy nog vir vere,
Want jy wou nog vir jou vlerke bou,
Die ombudsman het jou glo uit die hemel weerhou.

[Pre-Chorus 1]
Jou een voet in die reën,
En die ander in die graf my seun,
Sal jy vandag met ’n glimlag,
Jou vyand se voete was?
Be humble, be kind,
Trust the Lord my child.

[Chorus]
My seun dit gaan reën,
My seun ons gaan dans,
My hartjie, my liefie,
Ons ark is gebou.
My siel was droog,
Jy was my hoop en my hoop . . .,
Kom ons stap dan vir oulaas saam in mono--loog,
Kom ons stap dan vir oulaas saam in mono--loog.

[Interlude]

[Chorus]
My seun dit gaan reën,
My seun ons gaan dans,
My hartjie, my liefie,
Ons ark is gebou.
My siel was droog,
Jy was my hoop en my hoop . . .,
Kom ons stap dan vir oulaas saam in mono--loog,
Kom ons stap dan vir oulaas saam in mono—loog.

[Outro]
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Elizabeth Kruger

Componist: Christoph Kotze

Publisher: Appel Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2021

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden