Appel

Appel - Mampoer songtekst

Je score:

[Intro]

[Verse 1]
Die wyn is al bitter, bitter soet vir my,
Gooi nog 'n whisky, speel daai song van Gé,
Volg op met The Gambler, dan kap ons nog 'n rambler,
Net op jou.

[Verse 2]
Jy't gesê jy soek kinders, kinders by my,
'n Huis en 'n hond, 'n plek om veilig te bly,
Kinders by dosyne, joune en myne,
Maar toe kry ons stry.

[Pre-Chorus]
En brannas het nog nooit my hart gebreek nie,
Tequila my nog nooit in die rug gesteek nie,
En bier het nog nooit my beste pel gevry.

[Chorus]
En mampoer het my al hard gemoer,
Maar nie so hard soos jy nie.

[Interlude]

[Verse 3]
Ek glo in een oomblik, oomblik in tyd,
Waar jou bene wil stil staan en nie verder wil ry,
Jy mis 'n stopstraat waar jy vrede kon vind,
Jy soek avonture soos dié van 'n kind.

[Verse 4]
Hier is ons al twee vir 'n laaste keer saam,
Moenie worry nie poplap vang vir oulaas 'n traan,
Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan,
Dis wat die ou mense praat.

[Pre-Chorus]
En brannas het nog nooit my hart gebreek nie,
Tequila my nog nooit in die rug gesteek nie,
En bier het nog nooit my beste pel gevry.

[Chorus]
En mampoer het my al hard gemoer,
Maar nie so hard soos jy nie.

[Bridge]
En hier staan ek alweer by diesel'le bar,
My voedings bron, my hoofslagaar,
Sit nog 'n liedjie op die jukebox vir jou en my.

[Outro]
Soos ons vanaand by die kroeg uitwals,
  Weet ons dis ons laaste dans.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Christoph Kotze

Componist: Christoph Kotze

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2021

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden