Appel
Appel - Boskind songtekst
Je score:
[Intro] [Verse 1] Nou staan jy in die stilte, Jy weet jy is alleen, Jy het geen kind of kraai nie, Waarheen moet jy dan heen? [Verse 2] Ek hoor nog steeds die eggo’s, Van ‘n lang vergete land, Dit verf al kleur graffiti, Teen die mure van my hart. [Chorus] Al die stories van ‘n boskind, Wat weer haar voete vind, Haar hare vol jasmyn, Soos blare vars gepluk, Die reuk nog steeds by my. In die woude duskant Knysna, Is haar huisie waar sy bly, Ons almal ken daai boskind, Wat hier in ons harte bly. [Interlude] [Verse 3] Haar naam nog nie vergete, Dit lê diep binne my, Toegesluit in die kluise, Waar my kinderhart nog bly. [Verse 4] Sy kom nog saans en fluister, Haar geheime in my oor, Sy ken presies die woorde, Wat die kind in my wil hoor. [Chorus] Al die stories van ‘n boskind, Wat weer haar voete vind, Haar hare vol jasmyn, Soos blare vars gepluk, Die reuk nog steeds by my. In die woude duskant Knysna, Is haar huisie waar sy bly, Ons almal ken daai boskind, Wat hier in ons harte bly. [Instrumental] [Chorus] Al die stories van ‘n boskind, Wat weer haar voete vind, Haar hare vol jasmyn, Soos blare vars gepluk, Die reuk nog steeds by my. In die woude duskant Knysna, Is haar huisie waar sy bly, Ons almal ken daai boskind, Wat hier in ons harte bly. [Outro]