Andriëtte Norman

Andriëtte Norman - Duet songtekst

Je score:

Ek loop alleen, ek dra my eie siel, my eie seer
Ek leef ’n solo en ek sing net wat my hart begeer
En op my eie klink die melodieë somtyds leeg
Maar op my eie is hoe ek nog altyd aan beweeg
En toe begin jou note mure af te breek
Ek laat jou in, met elke lied besef ek weer

Koor:
Saam met jou wil ek sing
Kleur elke leë noot van my lewe in
Saam in harmonie klink my hartslied vol, want jy is hier
Saam met jou kan ek voel
Wat elke woord in elke lied bedoel
Saam met jou ’t ek besef
Die lewe is meer as ’n lied
Dis vir ons ’n duet

Voor jou het ek my liefdes wense in ’n lied gelos
Want ek was bang vir wat te veel hoop my hart sou kos
Onbegeleid en onbeplan het jy my stem voltooi
En elke lied wat my gebreek het was toe skielik mooi
Want jy’t begin met note mure af te breek
Ek laat jou in, met elke word besef ek weer

Koor

En ons sal sing deur lig en donker tot die note opraak
Want tot die einde van my dae wil ek net saam met jou,
altyd saam met jou musiek maak

Koor

Die lewe is meer as ’n lied
Dis vir ons ’n duet
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Vaughan Gardiner, Nerine Gardiner

Componist: Vaughan Gardiner, Nerine Gardiner

Publisher: Select Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2015

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Pêrel vir 'n kroon (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden