Amanda Luyt

Amanda Luyt - As jy aan eendag glo songtekst

Je score:

Meeste ou drome bring heimwee, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar wie weet wat môre gebeur?

As jy aan eendag glo, nooit terug sal kyk
Kan selfs 'n bêre droom na 'n nuwe een lyk
Gister se bloeisels val, weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo, sal die lente jou vind

As jy aan eendag glo, nie dink aan nou
Bly daar 'n sê nou maar, waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet, oor wat voorlê, moet raai
As jy aan eendag glo, wag daar iets om die draai

Meeste ou drome bring heimwee, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur

As jy aan eendag glo, bly drome waar
Dalk is jou mooiste dag net môre al daar
Al is jy nou alleen, byt maar vas en vertrou
As jy aan eendag glo, wag liefde vir jou

Gister se bloeisels val, weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo, sal die lente jou vind

Meeste ou drome bing heimwee, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur

As jy aan eendag glo, dink aan nou
Bly daar 'n sê nou maar, waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet, oor wat voorlê, moet raai
As jy aan eendag glo, wag daar iets om die draai

As jy aan eendag glo, wag daar iets om die draai
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Taal: Afrikaans

Komt voor op: As jy aan eendag glo , As jy aan eendag glo

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden