Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Visserman lyrics

Your rating:

Staan daar met jou siel in die diep blou see
Die golwe se geroep trek jou in en voer jou mee
Ek wonder wie jy is, ek wonder wat jy sien?
Ek wonder of dit rustig is in jou mens masjien?

Die winde is koud en die lig is grys
Maar dit is jou wêreld en daar word jy wys
Die dag is verby skuins voor sewe
Jy rol die lyne op elke dag van jou lewe

Het jy verloor of het jy gewen?
Soek jy 'n kans om my wêreld te ken?
My wêreld het son, jou wêreld het reën
Jou wêreld het rots en myne net steen

Ek sit hier met siel langs die water
By kerse en klanke wêreld se alma mater
Ek wonder wie jy is en ek wonder hoe jy lyk?
Ek wonder hoe dit voel om in jou bloues te kyk?

Hier binne is dit snoesig die ruite mooi skoon
Maar is dit my plek, my gekose droom?
Oorkant die tafel 'n leë stoel
Maar jammer my larney nie vir jou bedoel

Het jy verloor of het jy gewen?
Soek jy 'n kans om my wêreld te ken?
My wêreld het son, jou wêreld het reën
Jou wêreld het rots en myne net steen
Ja myne net steen

Het jy gewens dat jy binne kon wees?
Wil jy kerse sien, spyskaarte lees?
Sou dit ooit werk as ons plekke kon ruil?
Sou jy binne lag en ek buite huil?

Ek weet jy's uit jou plek hulle hou jou vir die gek
Ek weet my hart is buite aan jou kant van die ruite
Ek en jy leef in twee wêrelde
In myne die son en in joune die reën
Maar ek is niks minder as jy alleen
En ek is niks meer as jy geseën
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Released in: 2001

Language: Afrikaans

Appearing on: Grootste Treffers 2000 - 2007 , Vreemde stad (2009)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found