Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Sonvanger lyrics

Your rating:

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daars ‘n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Dis donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy hoe helder die kamer kon lag
                     
Kyk of jy vir my die son kan bring
Daar’s ‘n liedjie in die gange waar die son kan sing
Want dis stil in die hoeke hierdie koue seisoen
Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen

Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ‘n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn

Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar’s ‘n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy vir my die son kan steel
Daar’s ‘n plekkie in die tuin waar die son kan speel

Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ‘n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn       

Bring ‘n bietjie lig vir die draaie op my pad
En ‘n handjie vol strale vir die donker in my hart

Sonvanger ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger laat my verstaan
Hoe ‘n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn       

Sonvanger
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: EMI

Details:

Released in: 2000

Language: Afrikaans

Cover from: Laurika Rauch

Covered by: Corlea Botha (2011)

Appearing on: Grootste Treffers 2000 - 2007 , Vreemde stad (2009)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found