Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Sal jy bly lyrics

Your rating:

My voete stap al jare lank, soos 'n rigtingwyser op die Noordwes pad.
Met 'n brief in my hand, al die pad van Wolmaransstad.
Ek voel al die ink uit die brief uittap.
Ek ruik haar hare as ek saans gaan slaap.
My ou houthuis, ver van Wolmaransstad.

Sal jy bly, vir 'n appel en 'n ei?
Al skuur die maan ons weg.
Bly my hart na jou toe trek.

Sal jy bly, vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop.
Sal jy trou in 'n ou wit rok, met my?

Die nagte raak koud maar ek bly aanry.
Veral as die tronke so verby my gly.
Maar ek klou net vas, aan die brief van Wolmaransstad.
Aan my ou houthuis is 'n ou sink deur.
In stilte val ek op my knieƫ neer.
Daar was donderweer, en daar staan Lillie, voor my.

Sal jy bly, vir 'n appel en 'n ei?
Al skuur die maan ons weg.
Bly my hart na jou toe trek.

Sal jy bly, vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop.
Sal jy trou in 'n ou wit rok, met my?

Maar Lillie, jou trane, laat my verlang na die ou, ou dae.
Toe ons die strate van die bo toe rooi kon verf, bloedrooi verf.

Sal jy bly, vir 'n appel en 'n ei?
Al skuur die maan ons weg.
Bly my hart na jou toe trek.
Sal jy bly, vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop.
Sal jy trou in 'n ou wit rok, met my?

Sal jy bly, vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop.
Sal jy trou in 'n ou wit rok, met my?
Sal jy bly?
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Theuns Jordaan, Christoph Kotze

Composer: ?

Publisher: Theuns Jordaan Productions

Details:

Released in: 2012

Language: Afrikaans

Appearing on: Roeper (2012)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found