Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Lalie lyrics

Your rating:

Lalie jy't vir my gesê
Solank soos die lepel in die pap pot lê
Solank soos Ouma nog klein kinders wil hê
Sal jy my by jou laat lê

Lalie nou's dit donker maan
En daar's goed wat ek nie kan verstaan
Wat nou gebeur het was mos nooit ons plan
Lalie jy weet jy erf my van

Maar Lalie amper is nie stamper
En wie dra nou jou yellow jumper?
Daar's 'n nuwe sticker op jou bumper
Daar's 'n ander ou wat jou nou pamper

Jou boyfriend dra jou rose aan
Maar roosblare sal gou vergaan
En stad's gedruis mos straks verslaan
So seker soos die lepel in die pap pot staan

Ek sien jou Sondags op die stoep
En ek weet jy, jy hoor die dorp seuns roep
Lalie Lalie kom tog terug
True love is duur om te koop

Lange nagte is jy al vort
En lange dae wat weke word
Ons pap begin dan koud word in die bord
Lalie life is gans te short

Lalie kom terug na die veld toe
Stuur hom terug na die land van geld toe
Ek was van toeka af jou held toe
Lalie stuur hom na sy geld toe

Lalie jy't vir my gesê
Solank soos die lepel in die pap pot lê
Solank soos Ouma nog kleinkinders wil hê
Sal jy my by jou laat lê
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Wildebeest Records

Details:

Released in: 2009

Language: Afrikaans

Appearing on: Vreemde stad (2009)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found