Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Jantjie Van Die Berge lyrics

Your rating:

Lank gelede, by die kloof, aan die Magaliesberg se hang
Toe die wat dit vertel nog kinders was
Het ‘n siel geswerf wat kind was, maar op sy manier ‘n man
Gebore om die berge op te pas

En as die donkerwolke saamsweer teen die kranse by die kloof
En die dag word soos ‘n sterrelose nag
En die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
Het almal op sy vreugedslied gewag

A hoe hoe
A hoe hoe

Want die kranse was sy mure en die hemel was sy dak
En sy vriende was die donder en die reen
En wanneer hy klippe berg af rol en doringboompies knak
Was hy , die berg, die storm, alles één

En die bliksems skeur die hemel en die wind se wolwehuil
Nooi die berg se stroefste bome vir die dans
En mens en dier wat vreesbevange teen die storm skuil,
Hoor sy lied weerklink van krans tot krans

A Hoe hoe
A hoe hoe

Lank gelede, by die Kloof, aan die Magaliesberg se hang,
Na nagte teen die kranse in die reen
Het ‘n siel gesterf wat kind was, maar op sy manier n man
En daarna was die berge weer alleen

Tog die mense die vertel my as jy op n stormnag
Sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil
Hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag
En somtyds, weer, dan joor jy iemand huil

A hoe hoe
A hoe - hoe
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Koos du Plessis

Composer: ?

Publisher: Theuns Jordaan Production

Details:

Released in: 2008

Language: Afrikaans

Appearing on: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis (2008)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found