Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Hakkieshart lyrics

Your rating:

Ek sien dit lankal aankom.
Maar my hart, verklaar my stom.
Sy snare in die reën trek krom.
Want krakies kraak.
Al is hulle goed vermom.

Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
'n Storm in 'n wynglas sal spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Want die hakies aan my hart is te swak.
Ja, die hakie aan my hart is te swak.

Elke keer het ek gedink dit sal kwyn.
Maar die ligte het net rooier geskyn.
En die hoop het met die kere verdwyn.
Want my hart, het ook maar 'n buitelyn.

Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
'n Storm in 'n wynglas sal spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Want die hakies aan my hart is te swak.
Ja, die hakie aan my hart is te swak.

Nagte dwaal ek in die strate rond.
Wat het dan van ons geword?
Ek wil luister met 'n leë mond.
Soekend na, met 'n plekkie vir my woorde stom.

Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
'n Storm in 'n wynglas sal spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Want die hakies aan my hart is te swak.

Ja, 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
En oorvol wyn water spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Jy't die hakies aan my hart losgehaak.
Jy't die hakies aan my hart saamgevat.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Theuns Jordaan

Composer: ?

Publisher: Theuns Jordaan Production

Details:

Released in: 2000

Language: Afrikaans

Appearing on: Grootste Treffers 2000 - 2007 , Vreemde stad (2009)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found