Stef Bos
Stef Bos - My Kamer lyrics
Your rating:
Ek het lankal immigreer na 'n kamer in my kop Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop My kamer bied 'n skuilte as die storms buite woed My kamer ken geheime, my kamer ken my goed Beskut my teen 'n wêreld waar ek ongemaklik leef Bevry my van bagasie en laat my rustig wees Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan Ek reis al meer na binne tot dit tyd word om te gaan My kamer het geen meubels, geen boek of skildery Geen spinnerak of rommel om my aandag af te lei My kamer het groot vensters, sonder luike of gordyn Uitsig onbelemmerd, net die son wat helder skyn Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan Ek reis al meer na binne tot dit tyd word om te gaan Ons ken die komplot van die drama Elke eeu word daar flink repeteer Net die rolverdeling en dekor verander Maar waar is die groot regisseur, waar is die groot regisseur Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan Ek reis al meer na binne tot dit tyd word om te gaan Amanda Strydom / Amanda Strydom, Didi Kriel