Rudi Claase & Charné Hugo

Rudi Claase & Charné Hugo - Skipskop lyrics

Your rating:

Pak op, pak op
sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg,
ver van hier weg
Skipskop, Skipskop,
wanneer hou die dinge op
Swaarkry lê net voor
die blou berge oor

Overberg se mens
is ek gebore,
op die plek Skipskop
nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine, loop onse spore,
hier op die beach hier langs die see is ek gedoop

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders,
die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
Sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye

Die linkerhand, en die regterhand
wat se kant lê die plek, misverstand
Asseblief meneer, sê tog net weer
is dit die pad wat ons moet môre vat

'n Stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar
die stukkies van my lewe lê baie deurmekaar
Tel op, tel op, vir shorty en vir pop
gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
die wolke en die winde wat hier waai

Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies,
sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye
sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Released in: 2014

Language: Afrikaans

Cover from: Sonja Herholdt - Skipskop (1996)

Appearing on: Asemrowend (2014)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found