Refentse

Refentse - Melans Mnel lyrics

Your rating:

Ek onthou nog daardie maande
Van biltong kou en groen lande
Het jou gereën waar jou beeste wy
Van somerliefde of soet turksvy

Ek onthou nog jou glimlag
Jou nimmer sorge en skaterlag
So ek skryf nou hierdie briefie aan jou
Maar ek lees hom self, want die waarheid is flou

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê
Hier staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Maar hei weer Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
So dis beter as ek net vertel
So dis beter as ek net vertel

Ek hoor sy’t toe ’n deksel gekry
Maar dit was nie mooi nie, want sy hoort mos by my
Maar ek wens vir hom ’n blikkitaar
Met sewe snare vol liefde vir haar
Sodat die kamers van haar hartjie kan sing
Liedere wat vrede en vreugde bring

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê
Hier staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Maar hei weer Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
So dis beter as ek net vertel

Sy’s die wêreld waar my woorde in die warrel van die wind
Dieselfde wind van Koos se kinders of selfs ’n warrel minder
Sy het liefde vir die liedere, sy het liefde word gebou
Sy’t liefde tot die honderde, sy het liefde wat kan klou
Sy is romantiek, die romantikus
Sy verbeter die eetlus van my hartskat se kis
Sy is die revolusie wat rebelleer en romantiseer
Roekeloos onder die invloed van ruk-en-rol
Oh my soul

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê
Staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Hei weer Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
Jy kan seker nie onthou nie

Hoeveel keer versuim om te sê
Wat op die tafels van my hart lê
Staan ek nou met my hart teen die mou
Seker dat ek van jou hou

Hei weer Melans Mnel
Jy was eens my beste pel
Jy kan seker nie onthou nie
So dis beter as ek net vertel

So ek gaan jou maar vertel
So dis beter as ek net vertel
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Refentse Morake

Composer: Refentse Morake

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2017

Language: Afrikaans

Appearing on: Deur My Venster (2017)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found