Refentse

Refentse - Halala Afrika lyrics

Your rating:

Toe die wêreld hier nog jong was en die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar
En in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue oor die heuwels van die land:
Halala, halala, ewig is ons Afrika
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke 
Hmmm-hmmm

Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see
Om te vra vir kos en water, vir bly vir so veel meer
En die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil
Vir die ghettos van die stede is ons koperdraad gegee

Halala, halala, ewig is ons Afrika
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke 
Hmmm-hmmm

Daar was rykdom in die maag van ons moeder Afrika
Diamante en ook steenkool, goud, edel metaal
En die mense word die slawe hier want die mense word betaal
Om te tonnel in die aarde, elke greintjie uit te haal

En die groot en oop grasvlaktes span dit toe met doringdraad
En van die olifant tot die gemsbok, al die diere moes kom buig
Voor die mag van die grootwildjagter, voor die mag van sy groot geweer
Totdat net die stilte oorbly, totdat net die stilte heers

Halala, halala, ewig is ons Afrika
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Sasidjapolutjoloythina
Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2016

Language: Afrikaans

Cover from: Johannes Kerkorrel - Halala Afrika (1992)

Appearing on: My hart bly in ´n taal (2016)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found