NRG

NRG - Onvoorwaardelik lyrics

Your rating:

Voel jy alleen op hierdie koue groot planeet
En die reën om jou wil nie stop nie
Jy sluit die deure van jou hart en sny die wêreld af
Jy kan my nie meer hoor nie
Waar dit swaar is gee vir my
Voor jy val sal ek jou kry
Want ek weet ek kan jou laat glo, oh

Daar is niks wat jy kan doen wat sal verander hoe ek voel
Ek is hier, ek is hier, net hier langs jou
Waar jy vandaan kom maak nie saak nie
Ons vind saam ’n nuwe pad want ek glo
Ja, ek glo in jou hart

Ek het jou onvoorwaardelik lief
Ek het jou onvoorwaardelik lief

Jy draai jouself toe in ’n warm wolkombers
Maar die koudkry wil jou nie los nie
Verlang na iemand wat sal vashou en nie los
Want jy weet saam is ons sterker

Ek sal al jou trane vang as dit afrol teen jou wang
Tot jy weer kan asemhaal
Daar is niks wat jy kan doen wat sal verander hoe ek voel
Ek is hier, ek is hier, net hier langs jou

Waar jy vandaan kom maak nie saak nie
Ons vind saam ’n nuwe pad want ek glo
Ja, ek glo in jou hart

Ek het jou onvoorwaardelik lief
Ek het jou onvoorwaardelik lief

Laat dit als uit
Huil jou hart uit
Al die pyn is jou nie meer werd nie
Jy is beter, jy is sterker
Ek is altyd hier vir jou
En ek het jou onvoorwaardelik lief
Onvoorwaardelik lief, oh

Daar is niks wat jy kan doen wat sal verander hoe ek voel
Ek is hier, ek is hier, net hier langs jou
Waar jy vandaan kom maak nie saak nie
Ons vind saam ’n nuwe pad want ek glo
Ja, ek glo in jou hart 

Ek het jou onvoorwaardelik lief
Ek het jou onvoorwaardelik lief, oh
Onvoorwaardelik
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Released in: 2014

Language: Afrikaans

Appearing on: Roulette (2014)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found