Nianell
Nianell - Wys My Jou Hart lyrics
Your rating:
Wys my jou hart Vertel my hoe jy voel Vertel my wat jy dink Ek wil jou beter ken Ek wil jou graag verstaan Kan ons die oomblik deel Of vra ek nou te veel? Wys my jou hart Vertel my wat jou pla, miskien kan ek help dra Ek wil jou hartseer ken, ek wil jou pyn verstaan Sou jy my in kan laat, dalk eendag met my praat Wys my jou hart Want as jy wegdraai staan ek leeg Voel ons liefde tevergeefs As jy wegdraai skree my siel Wat ons het word nou verniel Wys my jou hart, wys my jou hart Wel ek sien dit in jou oë, ek hoor dit aan jou stem Daar’s `n huiwer in jou stap, `n hartseer in jou lag Jy kan dit nie versteek, ek weet daar’s iets verkeerd Wys my jou hart Ek deel my hart met jou, jy kan my ook vertrou Ek weet jy’t seer gekry, dit bly mos hier by my Jy behoort te weet teen nou, ek bly getrou aan jou Wys my jou hart Want as jy wegdraai staan ek leeg Voel ons liefde tevergeefs As jy wegdraai skree my siel Wat ons het word nou verniel Want as jy wegdraai staan ek leeg Voel ons liefde tevergeefs As jy wegdraai skree my siel Wat ons het word nou verniel Wys my jou hart, wys my jou hart Wys my jou hart, wys my jou hart Vertel my hoe jy voel Vertel my wat jy dink Ek wil jou beter ken Ek wil jou graag verstaan Sal jy my in kan laat, dalk eendag met my praat