Modder En Bloed (Rolprent)

Bok Van Blerk & Modder En Bloed (Rolprent) - Bok Van Blerk - Modder En Bloed lyrics

Your rating:

Ek staan verlate langs geraamtes
Gebeende vingers wys na my
Hier tussen stof en roet en haat
Staan net die duiwel langs my sy

Alles is weg, ek het alles verloor
In die grond bloei die mensdom se dade 
Vir dit wat lê hier onder ons aarde
Word in die naam van oorlog gemoor

En my hart en my siel is vertrap
in daai modder en bloed
Staan nou op, staan nou saam
voor jou volk en jou land hier vergaan
Lig jouself soos een man uit die stof en die sand,
draai jouself terug na God,
vind jou siel en jou moed
in daai modder en bloed
in daai modder en bloed

Nou staan ek hier
Gesak op my knieë
En ek weet wat ek Hom nou moet vra
Wees die vuur en die staal in ons lywe
Om die vyand se haat te verslaan

En my hart en my siel is vertrap
in daai modder en bloed
Staan nou op, staan nou saam
voor jou volk en jou land hier vergaan
Lig jouself soos een man uit die stof en die sand
draai jouself terug na God
vind jou siel en jou moed
in daai modder en bloed
in daai modder en bloed

Net die duiwel sterk sy dade
Vir 'n moordenaar se haat
Want net 'n goddelose aarde
Vermoor sy kinders in die aand

En my hart en my siel is vertrap
in daai modder en bloed
Staan nou op, staan nou saam
voor jou volk en jou land hier vergaan
Lig jouself soos een man uit die stof en die sand,
draai jouself terug na God,
vind jou siel en jou moed
in daai modder en bloed
in daai modder en bloed
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Released in: 2016

Language: Afrikaans

Appearing on: Modder En Bloed (2016)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found