Liza Brönner
Liza Brönner - Asem jou in lyrics
Your rating:
Ek onthou ons skooldae Ons was jonk en verlief, verlief op mekaar Ons het planne gehad oor hoe ons saam sal oud word Nou's jy bietjie ouer, jy's mooier vir my Die tyd gaan so gou, so gou verby Wens ek kon 'n oomblik verander in 'n leeftyd, saam met jou Asem, ek asem jou in Vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is Onthou jy, onthou jy hoe dit voel? Ek maak my oë toe En ek asem jou in Jare vir nou sal ek bly by jou Aan jou sy waar jy my styf vashou En stories vertel oor die dae toe ons nog jonk was Ek sal my hare vleg en ook dalk brille dra Ons sal nog lief wees, baie lief vir mekaar Lag en gesels oor die dae toe ons nog jonk was Maar vir nou Asem, ek asem jou in Vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is Onthou jy, onthou jy hoe dit voel? Ek maak my oë toe En ek asem jou in Jy's die lewe hier binne my Die een by wie ek my asem kry En my lewe, my liefde, my hart behoort net aan jou Asem, ek asem jou in Vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is Onthou jy, onthou jy hoe dit voel? Ek maak my oë toe En ek asem jou in Ek asem jou in