Liefling (rolprent)
Liefling (rolprent) - Spieëltjie (Bobby van Jaarsveld) lyrics
Your rating:
In die vierhoeke van die spieël sien ek dinge wat my pla, dinge wat my pla Ek sien 'n refleksie van my siel in hierdie eindelose speel, die wêreld se spieël So soek my anderkant die maan vanaand want ek kry skaam `n Skaam oor dinge wat ek sien in hierdie eindelose Spieëltjie, spieëltjie, sê vir my hoe sien die ander mense my? Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry? Spieëltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank? Ek wens ek was 'n feeverhaal in sprokiesland, uit sprokiesland In die vierhoeke van die spieël kry ek iemand wat my vra: Wat´s jou naam? In hierdie prentjie in my spieël is daar 'n onbekende siel, maar dit bly my spieël So soek my anderkant die maan vanaand want ek kry skaam, skaam oor dinge wat ek sien in hierdie eindelose Spieëltjie, spieëltjie, sê vir my hoe sien die ander mense my? Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry? Spieëltjie in my hand: Hoekom vat jou antwoord lank? Ek wens ek was 'n feeverhaal uit sprokiesland, uit sprokiesland Die beelde verander Soos die jare verby gaan Jou woorde maak seer Wanneer ek dit sien: Spieëltjie, spieëltjie, sê vir my hoe sien die ander mense my? Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry? Spieëltjie in my hand Hoekom vat jou antwoord lank? Ek wens ek was 'n feeverhaal in sprokiesland. Spieëltjie, spieëltjie, sê vir my: Sou ek by jou my antwoord kry? In sprokiesland In sprokiesland