Lianie May
Lianie May & Jay (ZA) & Jay en Lianie - Ons Trek Londen Toe lyrics
Your rating:
Daar is ’n eiland, ’n koue eiland Waar geen Afrikaner wil bly En op daai eiland, daai Kakie eiland Moet geen Engelsman vir my kyk Dis net die Bokke, die goue Bokke Wat my op daai eiland sal kry Want hulle kos is so vaal soos die mense Ek verkies springbok, potjies en pense Ek trap moeilik oor my land se grense Maar, o, hier gaan ons Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg Ons trek Londen toe om die beker groen te verf Want Bokke, ons staan agter jou Ons trek Londen toe Daar is ’n storie, ’n ware storie Van ’n Boer wat in Londen wou bly Maar na daai winter, daai eerste winter Kon jy nie ’n woord uit hom kry En twee jaar later, deur al die trane Was hy by depressie verby Want hy verlang na sy land en sy mense Al eet hy net potjies en pense Net vir die Bokke trap hy oor die grense So, o, hier gaan ons Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg Ons trek Londen toe om die beker groen te verf Want Bokke, ons staan agter jou Ons trek Londen toe Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg Ons trek Londen toe om die beker groen te verf Want Bokke, ons staan agter jou Ons trek Londen toe Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg Ons trek Londen toe om die beker groen te verf Want Bokke, ons staan agter jou Ons trek Londen toe Want Bokke, ons staan agter jou Ons trek Londen toe