Kurt Darren

Kurt Darren - Hemel op Tafelberg lyrics

Your rating:

Die eerste soen kan ek onthou
Laurika* op die radio
Ek lewe 'n lied en jy's my nommer een
Jy's lief vir my en ek vir jou
En saam het ons 'n huis gebou
'n Klein begin, maar dis genoeg vir nou

Refrein:
En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm, en dit reën in die Klein Karoo

En daar's goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm, ja dit reën in die Klein Karoo

In liefde het ons saam geleer
Opgestaan en weer probeer
Druk my vas en soen my nog 'n keer
As trane oor my wange rol
Voel ek jou hart hier binne my
Vanaand sien ek my kinders in jou oë

Refrein:
En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm, en dit reën in die Klein Karoo
                           
Daar's goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm, ja dit reën in die Klein Karoo

Jy's my hemel
Jy's my engel
Jy's hier by my
By my

Refrein: (2x)
En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm, en dit reën in die Klein Karoo
                           
Daar's goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm, ja dit reën in die Klein Karoo

*Laurika: Laurika Rauch http://muzikum.eu/nl/122-14332/laurika-rauch/songteksten.html
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2003

Language: Afrikaans

Covered by: The Davids Family

Appearing on: Sê Net Ja! (2003)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found