Jannie du Toit
Jannie du Toit - Vlieg Hoog lyrics
Your rating:
Klim in 'n vliegtuig- die volgende vlug want die wèreld wink sien jy die vreemde se lokkende lig in die verte blink? Sprei uit vlieg hoog glo jy het vlerke die hemelboog word jou enigste perke Hoog in die lug sal jy verder kan sien niks kan jou keer nie jy sal kry wat jy soek en baie meer / reik altyd hoër / dis wat jy moet doen Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wèreld vlieg baie hoog en kyk af naar jouself ! vanaf die pieke van die hoogste berge sal jy bepaald elke bestemming kan haal vlieg maar net hoog Delf in die diepte-die volgende skof jy moet skagte sink hoor jy die aarde se rykste geheime daar onder klink ? Delf diep -breek oop jou ideale bly soek bly hoop op ryk minerale Ver onder grond lè die goud altyd weer niks kan jou keer nie daar is duisend karaat en baie meer / Delf altyd dieper / dis wat jy moet doen Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wèreld delf maar net diep en jy ontgin jouself vind in die kleinste kern iets van waarde dan sal jy glo alles word bepaal van Bo af delf maar net diep Eendag sal ons weet wat nou nog 'n geheim bly nou is dit vaag en ons moet antwoord soek op al ons vrae /Soek na die antwoord /dalk sal jy dit kry Klim in 'n vliegtuig en ontdek die wèreld delf maar net diep en jy ontgin jouself soek in die kleinste kern iets van waarde as jy dit kry as jy dit eendag kry /ondergrond of in die hoogte Dan vlieg jy hoog