Jannie du Toit
Jannie du Toit - Pantoffelregering lyrics
Your rating:
Napoleon was dapper en Caesar was 'n held maar wie sal ooit bestand kan wees teen kernkraggeweld regimes het al getuimel monargieë is onttroon maar die ergste soort diktator sal vir altyd by ons woon Pantoffelregering is 'n vreeslike regime 'n man is daarteen weerloos soos 'n slagdier aan 'n riem pantoffelregering het die hef in die hand jy spartel maar jy wurg jou soos 'n waghond teen sy band - teen die pantoffel- Die Hunne was barbare met Atilla aan die spits en Tsjaka het die Zulu's tot oorwinning aangehits maar die wreedste van die wredes dit word algemeen aanvaar is die woeste Amazones wat geen man op aarde spaar nie Pantoffelregering is 'n misdaad teen die mens dit voer die despotisme tot verby sy verste grens pantoffelregering het die hef in die hand jy spartel maar jy sak gedurig dieper in die dryfsand weg- pantoffel Die Rooi Gevaar is vreeslik en Pienk is ook maar Rooi die Geles is te veel vir ons die Groenes wil ons looi en dan is daar nog Swart en Wit maar die groot gevaar glo ek stap openlyk hier tussen ons -veelkeurig aangetrek Pantoffelregering is 'n misdaad sonder meer dis Middeleeus om mense sonder 'n grondwet te regeer pantoffelregering het ons oral om ons heen as jy dink jy kan dit vryspring staan jy stoksiel-manalleen as jy dink jy gaan dit vryspring word jy dalk die eerste een - vir die pantoffel