Danie Niehaus

Danie Niehaus - Dis reën, dis wind, dis water lyrics

Your rating:

As ek kyk hoe die langpad voor my wink
Die see gesels en die rooikrans wink
Voel ek styf in die wind my hemp se punt
Weet ek hoe die weskus dink

Kaapse kinders wat die boegoe drink
Winters hier is oud en blind
Maar die Boland suip hom boepens vol
Somers kom en die koring rol
Toe toe …

Dis reën, dis wind, dis water
Son kom eers weer later
Dis reën, dis wind, dis water
En die son kom eers weer later

As jy wens dat die nette vol harders hang
Die suidpoolwind jou hare vang
Die donsblou skimmel oor die witdruif lê
Sal jy weer na my en die Kaap verlang

Kaapse kinders wat die boegoe drink
Winters hier is oud en blind
Maar die Boland suip hom boepens vol
Somers kom en die koring rol
Toe toe …

Dis reën, dis wind, dis water
Die son kom eers weer later
Dis reën, dis wind, dis water
Die son kom eers weer later
Toe toe …

Dis reën, dis wind, dis water
Son kom eers weer later
Dis reën, dis wind, dis water
En die son kom eers weer later (x4)
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 1993

Language: Afrikaans

Appearing on: Kleure (1993)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found