Danie Niehaus

Danie Niehaus - Dagboek lyrics

Your rating:

Jare en jare se woorde en tale
Is deur die wind en reën verweer
My dagboek het soveel vergete verhale
Geskets in my eie bloed en seer

Ink het al bo-oor die lyne gevloei
Papiere is herfsgeel, die omslag verniel
Tog as ek skryf, word my hande geboei
Deur murasies, die metrum van my siel

My waarheid was altyd net gee en soek
Om te lag met ‘n traan as ek teëspoed vermoed
Die koers van my lewe se kronkelpaaie
Word daagliks gekerf op my dagboekblaaie

As kind het ek vlieërs in die wolke gevlieg
Hoog bo die blou waar geheime gehang het
Maar nou is ek reddeloos bedrieg
Deur dieselfde drome na wat ek verlang het
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: Dagboek

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found