Christia Visser

Christia Visser - 17 Shots lyrics

Your rating:

Vir my duiwels op Muizenberg se strand
In bedrog want sy oorspeel haar hand
Vir die draaie wat my rolmodel nou ry
Vir die skare waar angstigheid my lei

Vir die kere wat ek oorgee aan my lyf
Te veel dink met ’n pen wat nie wil skryf
Vir die leuens wat ek myself maak glo
As ek vergeet my huis is bo

17 shots
Nooit gedink dat ek jou so gou weer sien nie
17 shots
Om en om en om, die rondte is weer op my
Slaan hom weg, slaan hom weg
Gooi hom terug, gooi hom terug
Laat hy val, cheers vir eers
Drink, drink, drink, 17 shots

Om myself te vind

Vir my hart wat op ’n drip moet gaan lê
Vir die dinge wat ek wil maar nooit sal sê
Vir insecurity ontspoel, vir my siel wat way te veel wil voel
Vir die spasie tussen liefde en geluk
Vir die blomme wat sal doodgaan as ek pluk
Vir die toekoms, die verlede en die nou en vir alles wat ek eendag gaan berou

17 shots
Nooit gedink dat ek jou so gou weer sien nie
17 shots
Om en om en om, die rondte is weer op my
Slaan hom weg, slaan hom weg
Gooi hom terug, gooi hom terug
Laat hy val, cheers vir eers
Drink, drink, drink, 17 shots
Om myself te vind

Vir nou, vir nou is daar niks en niemand wat my spoed kan breek
Vir nou, vir nou sal ek doen net wat ek wil
Vir nou, vir nou is daar niks en niemand wat my spoed kan breek
Vir nou, vir nou sal ek glo net wat ek moet

17 shots
Nooit gedink dat ek jou so gou weer sien nie
17 shots
Om en om en om, die rondte is weer op my
17 shots
Nooit gedink dat ek jou so gou weer sien nie

17 shots
Om en om en om, die rondte is weer op my
Slaan hom weg, slaan hom weg
Gooi hom terug, gooi hom terug
Laat hy val, cheers vir eers
Drink, drink, drink, 17 shots

Om myself te vind
Om myself te vind
Om myself te vind
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Christia Visser

Composer: Christia Visser

Publisher: ?

Details:

Released in: 2019

Language: Afrikaans

Appearing on: 17 Shots (2019)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found