Bok Van Blerk
Bok Van Blerk & Steve Hofmeyr - Pa En Seun lyrics
Your rating:
About this lyric:
Daai liedjie is vanaf die klankbaan Platteland. This song is from the soundtrack Platteland.
http://www.plattelanddiemovie.com/
Ek staan hier alleen langs jou graf En ek wens so graag jy was nog hier Dat ons net kon praat, en ons trots kon laat vaar En ek net jou pa kon wees. Net die beste wil ek vir jou hê Maar daai woorde was nooit net gesê En hier waar jy lê my seun weet ek nie Tyd was te min om oor te begin. Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun In jou het ek lewe gevind Ek het jou lief jy's my kind Jy's my kind. Sê my, hoe word 'n pa so alleen? Dit voel soos my enigste seun Die Here het jou my geleen. Jou woorde draai steeds in my kop Daar is soveel wat 'n pa nog wou vra Maar eendag moes jy ook 'n pa word my kind En dan sou jy alles verstaan. Soos 'n pa wat sy lewe sou gee Met sy trane wat die see weg sou vee Maar hier waar jy lê my seun Weet ek die tyd was te min En niks maak meer sin. Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun In jou het ek lewe gevind Ek het jou lief, jy's my kind Jy's my kind. Sê my, hoe word 'n pa so alleen? Dit voel soos my enigste seun Die Here het jou my geleen. Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun In jou het ek lewe gevind Ek het jou lief, jy is my kind Jy's my kind. Sê my, hoe word 'n pa so alleen? Dit voel soos my enigste seun Die Here het jou my geleen. Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?